Breyten Breytenbach (1939 - 2024) 
 
The South African poet, writer, and visual artist passed away in Paris on Sunday, 24 November 2024.
 
A video of his poem Ek sal sterf en na my vader gaan was produced as part of the ATKV Filmverse Project, with music by Laurinda Hofmeyer. The video includes English subtitles.
 
Ek sal sterf en na my vader gaan 
 
Wellington toe met lang bene 
blink in die lig 
waar die kamers swaar en donker is 
waar sterre soos seemeeue sit op die nok 
en engele vir wurms spit in die tuin, 
ek sal sterf en met min bagasie 
in die pad val 
die Wellingtonse berge oor 
tussen die bome en die skemer deur 
en na my vader gaan: 
 
die son sal in die aarde klop 
die wind se branders laat die voeë kraak 
ons hoor die huurders 
skuurloop bo ons kop 
ons sal dambord speel op die agterstoep 
– ouvader kul – 
en oor die radio luister na die nag se nuus 
 
vriende, medesterwendes, 
moenie huiwer nie; nou hang die lewe 
nog soos vlees om ons lywe 
maar die dood beskaam nie; 
ons kom en ons gaan 
is soos water uit die kraan so 
 
soos klanke uit die mond 
soos ons kom en ons gaan: 
ons béne sal die vryheid kén 
kom saam 
in my sterf in in my na my vader gaan 
Wellington toe waar die engele 
met wurms vet sterre uit die hemel hengel; 
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees: 
my vader het ’n groot bôrdienghuis 
 
Breyten Breytenbach
 
							 
 